topmasshead

Art and Culture

   
Isabel Theron Swart  

left Isabel (Isabel Theron Swart) right

Gebore en getoë op die plaas Ronwe in die Paarl. Skoolloopbaan afgeskop by Laerskool Drakenstein. Matrikuleer in 1984 aan Hoër Meisieskool La Rochelle. Studeer aan Stellenbosch Universiteit waar sy 'n inwoner is van Monica-dameskoshuis (1985 - 1988). Kwalifiseer as vertaler en werk 'n paar jaar by Hansard-vertalers in die Kaapse Parlement.

Trou met haar studenteliefde en oud-Eendragter, Eben - nou al 22 jaar gelukkig saam! Het 2 pragtige seuns waarvan die oudste vanjaar 'n PUK is en die jongste in gr.9. Die afgelope meer as 10 jaar is hulle in voltydse gebedsbediening - 'n seën en 'n voorreg! Dit was 'n swaar leerskool, maar een wat hulle vir niks op aarde verruil nie. "As jy eers die krag van God ervaar het, is jy - in die woorde van Floyd McClung - 'forever spoilt for the ordinary!'" Tans is sy voltydse ma vir haar seuns en ondersteuningstelsel vir haar man - 'n voorreg!

Tussendeur doen sy oor die jare vryskut vertaal- en redigeerwerk en later ook 'n blitskursus in joernalistiek - net om haarself te vergewis van die feit dat sy ná jare van voltydse ma-wees DAREM NOG 'N BREIN HET!! Al hierdie ervaring kulmineer in die kookboekie wat sy vir haar seuns saamgestel het - pas amptelik uitgegee deur Human en Rousseau onder die titel SMUL EN SPAAR: 'n Praktiese oorlewingsgids vir nesverlaters / THE BUDGET COOKBOOK: a Practical Survival Guide for Starter Cooks. 'n Absolute getuienis van God se goedheid en sorg deur die swaarkryjare!

Bestellings:
Die boekie is regstreeks by die skrywer in Bellville beskikbaar teen R100 (RSA posgeld: R20 - winkelprys: R160)

smulenspaar@gmail.com
www.facebook.com/smulenspaar

 
 
 
 
 
 
 
   

Isabel

quick info:

--------------------------------------------------

Matric Year: 1984

City: Other

Email: ...

badge

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

bottom

 

 

 

 

Quick Contact

+27 Tel: (021) 872 4371
+27 Fax: (021) 872 7812

Faure Street
Paarl 7646
021 872 4371

You are here: Home Profiles Isabel Theron Swart