topmasshead

Art and Culture

   
Lizette Vlotman Murray  

left Lizette (Lizette Vlotman Murray) right

Hoofmeisie in 1970
Studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy B.A. H.O.D. verwerf. Haar onderwysloopbaan sluit onder andere poste aan die Hoërskool Tradouw in Barrydale, ons eie Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoërskool Amajuba op Newcastle, en verskeie aflosposte in Vanderbijlpark en die Kaapse Skiereiland in. Sy doseer ook beginners-Duits en -Frans aan die Boland Kollege in die Paarl vir Spysenieringstudente (2006-2009).
Sy skryf die libretti van verskeie kinderoperettes, onder andere Gelukland en Tokkels en Snare. In 1995 publiseer sy ‘n gebedeboek vir jong ma’s, Hoe sal ‘n mamma dan bid? Die bundel kinderverhale, Stippe Stappe Stories, waarvan sy ‘n medeskrywer is, ontvang in 1995 die ATKV-prys vir die beste kinderboek.
Na haar middelseun, Henri, se dood in ‘n haai-aanval in 2005, skryf sy ‘n boek, Henri stap aan. Die tweede oplaag word in 2011 uitgegee. Die Engelse eweknie, Henri hikes home, word in 2011 gepubliseer. Dis deur ‘n oud-Larrie, Carine Janse van Rensburg, vertaal.
‘n Reeks kinder-radioverhale, Bibber Bobbejaantjie, word deur Leserskring versprei.
Sedert 2006 werk sy as vryskut-joernalis by Lééf, ‘n Christen-vrouetydskrif. In 2010 word sy as finalis vir ‘n ATKV-Veertjie-toekenning aangewys.
Lizette is gelukkig getroud met George, ‘n bedryfsingenieur, en woon in Durbanville. Uit hul huwelik is vyf seuns gebore.

Onlangse pennevrug: HartPunt het in November 2012 verskyn.

Kontakbesonderhede:
e-posadres: lizettemur@mweb.co.za
www.lizettemurray.co.za

 
 
 
 
 
 
 
   

Lizette

quick info:

--------------------------------------------------

Matric Year: 1970

City: Durbanville

Email: ...

badge

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

bottom

 

 

 

 

Quick Contact

+27 Tel: (021) 872 4371
+27 Fax: (021) 872 7812

Faure Street
Paarl 7646
021 872 4371

You are here: Home Profiles Lizette Vlotman Murray